Search

Contact Us

Please complete the form on the right for a general inquiry

Groenrivier
Riebeek-Wes 7306
South Africa

082 553 4570

Groenrivier Function Centre is an enchanting and distinctly different venue for romantic country weddings, special family parties and celebrations, and memorable corporate events. Guests enjoy exclusive use of the whole property.  

At Groenrivier Function Centre we have 3 venues which are suitable for weddings or corporate functions:

Groenrivier Function Centre is fully licenced and there is ample secure parking.

Bernette & Dieter

Blog

Bernette & Dieter

Maretha Brink

Sentimentele Troue

 

Seremonie: Die ou Kelder | Onthaal: Hoof lokaal

 

1. Ons verlowing storie ?

Ons het verloof geraak na ons 2 jaar herdenking. Dieter het vir my die Saterdag oggend gesê om baie mooi aan te trek, want hy gaan my bietjie bederf die dag. Hy het my kom optel en ons het deurgery na "Ons Huisie" in Blouberg. Ons eerste 'date' was daar, so dit sal altyd 'n spesiale plekkie in ons harte hê. Daarna was ons 'Big Bay' toe, waar ons roomys gekoop het en op die strand geloop het. Dieter was baie angstig en ek kon dadelik agterkom iets is anders as gewoonlik. Hy het my gevra om 'n foto van die sonsondergang te neem, terwyl hy agter my rug op die sand geskryf het: "Marry me?". Toe ek omdraai was hy op sy knieë! Die oomblik was so oorweldigend - hy moes twee keer sy speech vir my sê! Skielik spring my twee beste vriendinne uit die bos met 'n kamera - hulle het alles afgeneem. Na ons 'n klein bietjie bedaar het, sê Dieter daar is nog 'n verrassing. Toe ons opstap was al ons vriende en my ouers daar! Dit was ongelooflik om dit saam met almal te kon deel , wat vir ons so spesiaal is! Dieter het dit absoluut perfek gereël - ek sal dit vir altyd koester.

 

2. Ons verskil as dit kom by…..

Netheid - Ek is bietjie van 'n perfektionis - ek hou nie daarvan om te gaan slaap sonder dat alles op sy plek is nie, en ook so voor ek die huis verlaat. Dieter is meer 'laidback' in daardie opsig en sal nie omgee as daar 'n koppie of twee rondstaan nie... en natuurlik 'n paar sokkies. Hy skep balans en maak my rustig. Hy laat my onthou om meer op herhinneringe en ontspanning te fokus as om heeltyd te wil skoon maak.

 

3. Ons is eenders as dit kom by…..

'n bottel goeie rooi wyn en 'n lekker maaltyd. Dit is verseker ons beste saam-wees tyd en ontspanning. Ons is baie lief daarvoor om nuwe disse te probeer en wanneer ons mekaar wil bederf, dan gaan ons na 'n restaurant waar ons nog nie voorheen was nie.

 

4. Die sukses in ons huwelik is……

Ons lag baie - ons is snaaks - ons maak nuwe liedjies en sê-goed op. Ons spot mekaar en vertel stories. Ons gesels en lag oor goeie herhinneringe. Ons hou orals hande vas. Die belangrikste - ons vertrou mekaar met alles, daar is absoluut geen twyfel in mekaar.

 

5. Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer?

Ek sou defnitief meer tyd in my rok wou spandeer het voor die troue. Ek sou graag wou oefen om daarin te dans, aangesien ek 'n baie lang sleep gehad het. Ek sou ook meer dinge wou doen saam met my strooimeisies.

 

6. Waaraan sou jy minder tyd spandeer?

Minder stres! Omdat ek 'n perfektionis is, was dit vir my baie moeilik om iets in iemand anders se hande oor te laat. Ek het eers na die troue besef dat ek myself bekommer het oor dinge wat my verskaffers in hul slaap kan doen - jy kies en vertrou jou verskaffers vir spesifieke redes, vir hul professionele kennis. Ek sou minder wou bekommerd wees oor hoe alles gaan uitwerk - alles kom altyd perfek bymekaar op die dag.

 

7. As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……

Opwinding, opwagting, vlinders, warm drukkies, helder kleurige blomme, speletjies, grappies, giggel, uitbundige lagbuie, geen voorgee, pret, lekker kos, lekker wyn, liefde, goeie vriende, dans... en natuurlik Dieter se gesig toe hy my vir die eerste keer sien en my pa se nat wange toe hy my soen.

 

8. My troue was uniek want...

Elke meisie se eerste rok wat hul sien, is hul mamma se trourok. Verskil is, toe ek my ma s'n aanpas op 12 jarige ouderdom, toe word ek so verlief op die rok, dat ek dadelik besluit , dis my trourok ook! Wat spesiaal was, is dat my ma ook in haar ma se trourok getrou het! My oorlede ouma Casey het in 1946 daarin getrou, 35 jaar later, in 1981, trou my ma in dieselfde rok. 34 jaar later, in 2015, trou ek ook in dieselfde rok!!! Olga-Maré Moller, 'n ontwerper-vriendin, het die 69 jarige rok omskep in 'n feëtjie rok vol pêrels en kant. Dit was ongelooflik spesiaal om die dag saam met my ouma te kon deel. Ek sal graag eendag my dogter se verliefde ogies wil sien as sy dit aanpas...

Troudag verskaffers

Dekor & Blomme: Wilinda Hanekom

Fotograaf & Photobooth: Wrensch Lombard

Trourok: Olga-Maré Moller

Hare & Grimering: Melted Toffee

Stoele: Grandeur Hire

Speletjies: Quirky Parties

Tafeldoeke: FunctionHiring4u

DJ: Dirkie Gildenhuys