Search

Contact Us

Please complete the form on the right for a general inquiry

Groenrivier
Riebeek-Wes 7306
South Africa

082 553 4570

Groenrivier Function Centre is an enchanting and distinctly different venue for romantic country weddings, special family parties and celebrations, and memorable corporate events. Guests enjoy exclusive use of the whole property.  

At Groenrivier Function Centre we have 3 venues which are suitable for weddings or corporate functions:

Groenrivier Function Centre is fully licenced and there is ample secure parking.

Carren & Rayno (Cheetah and Springbok 7's rugby player )

Blog

Carren & Rayno (Cheetah and Springbok 7's rugby player )

Maretha Brink

Seremonie: Outside Chapel (Gazebo)  | Onthaal: Hoof lokaal

1.      Ons troudag raad aan toekomstige paartjies…….

Ek weet julle het dit al baie gehoor, maar die dag gaan regtig vinnig verby. Probeer om soveel as moontlik "in the moment" te wees om seker te maak jy neem alles in, voor jy jou oë uitvee is julle getroud en besig om jul laaste gaste te groet. Die ander raad wat ek kan gee is om te "invest" in ‘n "on the day" trou koördineerder - dis verseker die beste ding wat jy kan doen, hulle sorg dat alles presies is soos jy dit wil hê op die dag van jou troue, sodat jy oor niks hoef te "worry" nie en jy elke oomblik kan in neem en volkome geniet. Ek stel ook voor dat jy ‘n week voor die troue afsprake maak met al jou verskaffers om vir oulaas deur alles te gaan om seker te maak almal is op dieselfde bladsy, jy sal dan verseker baie meer gerus voel die week voor jou troue.


2. Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer?

Ek het my troue self beplan, en dit uit ‘n ander provinsie (Bloemfontein, Vrystaat) in 10 maande. Ek moet sê ek het myself verras. Ek sal niks verander nie, alles was presies soos ons dit wou hê. Perfek!


3. Waaraan sou jy minder tyd spandeer?

Ek sou niks verander of minder tyd aan spandeer nie. Soos ek genoem het, ek het presies al my bogenoemde raad gevolg so ek was seker een van die rustigste bruide op die dag van ons troue. 


4. As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……

Ek dink terug aan die oomblik toe ek in die "Aisle" afgeloop het, my man se gesig toe hy my vir die eerste keer sien in my trourok was "priceless", beslis een van die beste oomblikke vir my. Ek het nie verwag dat hy so emosioneel gaan wees nie, maar dit het net weereens sy oneindige liefde vir my bevestig. Die ander oomblik was toe ek met my pa ons pa en dogter dans kon hê, hy was 8 jaar terug in ‘n ernstige motor-ongeluk wat hom in ‘n rolstoel agter gelaat het. Om hom daar te kon hê was ‘n BLESSING, dankie aan ons Groot Pappa (GOD) dat hy my pa gespaar het om sy enigste dogter te kon sien trou met die man van haar drome.


5. Dankie aan al ons troudag verskaffers:

Venue and Accommodation - Groenrivier

Wedding coordinator - Eventworx Cape Town

 Décor, Flowers & Stationery - Blooming Wonderful Décor HireUrbantonic 

 Outdoor Furniture - Mac Style Hire & Groenrivier 

Caterer , Wedding Cake & Wedding Favors - Malita Joubert CateringCakes by Wade 

Photography- Kusjka du Plessis Photography

Videographer- BMG Cinema (Boy Meets Girl)

DJ & Entertainment - Mario Arnolds (one man band) – Saxophone Artist and Dawid Van der Merwe- Guitar Artist, DJ Big D & DJ Lynthon Jacobs 

Photobooth- Kiki Photobooth

Pastor- Pastor Oswald Cloete

 Make-Up Artist - Make-up by Rozanne Olivier

 Hair Stylist - Rosy the Hair Company

 Dress - Olivelli Bloemfontein – Essense of Australia (Designer)

Suits - Tux Tailor Stellenbosch

Wine - Beyerskloof Stellenbosch