Search

Contact Us

Please complete the form on the right for a general inquiry

Groenrivier
Riebeek-Wes 7306
South Africa

082 553 4570

Groenrivier Function Centre is an enchanting and distinctly different venue for romantic country weddings, special family parties and celebrations, and memorable corporate events. Guests enjoy exclusive use of the whole property.  

At Groenrivier Function Centre we have 3 venues which are suitable for weddings or corporate functions:

Groenrivier Function Centre is fully licenced and there is ample secure parking.

Marzanne & Junior

Blog

Marzanne & Junior

Maretha Brink

Sagte vroulike troue

Seremonie: Riebeek-Kasteel NG Kerk  | Onthaal: Hoof lokaal

 

1. Ons verlowing storie ?

Op 31 Desember 2013 het Junior die groot vraag gevra op die Weskus-dorpie, Strandfontein, waar ons twee jaar vantevore ontmoet het. Die hele verlowing was ’n groot verrassing vir my...Junior het alles haarfyn beplan – hy het tot die ring self gekies. Ek was besig om kos te maak vir die aand toe hy sê ons moet ’n drankie by die duine gaan drink. Hy het op die duin, terwyl die son sak, op een knie die ja-woord gevra. Terug by die huis het hy my verras met Kaapse-familie wat spesiaal gekom het om die gebeurtenis saam met ons te vier. 

 

2. Ons verskil as dit kom by…..

Daar is nie veel verskille tussen ons nie. Ek is by tye meer ’n ekstrovert as hy.

 

3. Ons is eenders as dit kom by…..

-Betyds wees

-Die belangrikheid van vriende en familie

-Ons is mal oor kos en wyn (veral ander lande se kos)

-Soetgoed is ons ondergang!

 

4. Die sukses in ons huwelik is……

Ons kan saam huil, lag, speel, werk en stiltetyd hou. Ons gun mekaar graag vrye tyd saam met ons vriende – girlsweekends en manne-aande.

 

5. Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer?

Ons sou niks wou verander nie. Alles was perfek vir ons.

 

6. Waaraan sou jy minder tyd spandeer?

Die beplanning was van begin tot einde lekker. Ons het die hele proses vreeslik geniet en sal alles presies weer dieselfde doen. 

 

7. As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……

Die hele dag was een groot spesiale oomblik gewees. Al die boodskappe, oproepe en gelukwensings het my net weereens laat besef hoe baie mense vir my en Junior omgee. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het is dat ek die eerste kleinkind was om te trou vir beide kante van my ouers se families. Uit ’n groot vriendekring was ons ook die eerste paartjie wat die knoop deurgehak het. ’n Derde, en baie spesiale, oomblik was toe my pa ’n verrassings-video in die kerk gespeel het om te sê hoe trots hulle as ouers is op my en Junior. 

 

 

Troudag Verskaffers

Fotograaf:  Moira West

Videograaf: Desert Rose Productions

DJ: DJ Arries

Blomme, dekor en die reëlings: Sonja Hols - Eureka Onthale

Skryfbehoeftes: Lezanne’s Designs & Pretty in Stains

Trourok: Elizabeth Stockenstrom

Juwele: Hayley Goodrich

Grimering en hare: Adri Hugo