Search

Contact Us

Please complete the form on the right for a general inquiry

Groenrivier
Riebeek-Wes 7306
South Africa

082 553 4570

Groenrivier Function Centre is an enchanting and distinctly different venue for romantic country weddings, special family parties and celebrations, and memorable corporate events. Guests enjoy exclusive use of the whole property.  

At Groenrivier Function Centre we have 3 venues which are suitable for weddings or corporate functions:

Groenrivier Function Centre is fully licenced and there is ample secure parking.

Blog

Marlies & Ernst Marais

Maretha Brink

Vrolike blomme troue

Seremonie: Die Oude stal | Onthaal: Hoof lokaal

 

Ons verlowing storie ?

Op Saterdag 9 Augustus 2014 is ons na ’n troue van Ernst se skoolvriende. Die hele aand op die dansbaan het mense gevra wanneer gaan Ernst my nou eendag vra om te trou en dan vryf Ernst oor my ringvinger terwyl hy na my kyk en sê: “Dis gouer as wat jy dink.” 

Min het ek geweet dat hy my die volgende dag sou vra. 

Ons het die aand ná die troue by sy ouers in Stellenbosch oorgeslaap. 

Die volgende oggend (Sondag 10 Augustus) aan die ontbyttafel vra ek toe vir Ernst of ons nie oudergewoonte ’n entjie kan gaan stap langs die Eersterivier nie. En hy speel toe saam en sê dis ’n briljante plan. Hy het ’n warm baadjie aangehad en ek het aan hom gekarring om dit uit te trek omdat dit buite so warm was, toe sê hy net, nee, dis Sondag en hy wil netjies lyk.  Ek laat hom toe maar begaan, min wetende dat hy ’n ring in sy baadjiesak saamdra …

By Lanzerac het ons in die tuine rondgeloop en van daar is ons na ons gunstelingplekkie langs die Eersterivier. Ons het oor die rivier sit en uitkyk toe Ernst na die kant toe draai en sê dat hy iets vir my het. “Oe, sjokolade”, het ek opgewonde gedink. Want hy het dikwels hier vir my ’n ietsie soets gegee as ek gestres was oor opstelle of toetse. En toe hy na my toe draai, hou hy ’n outydse donkergroen fluweel-juweelboksie in sy hand vas. 

Ek kon dit nie glo nie! En boonop weier ek toe om dit oop te maak, want ons het ingestem dat hy nie vir my ’n ring sal koop nie, maar dat ons eendag saam een sal laat maak. Hy dring toe aan dat ek dit oopmaak. En binne-in was die mooiste trilogy-ring wat aan sy Oumagrootjie en Ouma behoort het. 

En daar langs die Eersterivier het Ernst my gevra om te trou. Beslis ’n dag wat ek nooit ooit sal vergeet nie.

2.      Ons verskil as dit kom by…..

Ernst is die ekstrovert en ek is die introvert. Ek doen moeite om saam met hom na partytjies met baie mense te gaan en hy stem weer in om saam met my in kleiner groepies te kuier. 

Hy is gek oor malvapoeding terwyl ek net een eetlepel daarvan kan eet – net te soet!

3.      Ons is eenders as dit kom by…..

Ons liefde vir die natuur; ons sin vir regverdigheid en die wyse waarop ons kan skaterlag. Oe en beslis ons liefde vir wine en dine en kos maak.

4.      Die sukses in ons huwelik is……

Ons sê reguit en eerlik wanneer iets ons pla en ons glo aan oop kommunikasie. Ons respekteer mekaar se spasie en gun mekaar alleentyd; ruimte om ons onderskeie drome uit te leef, asook om alleen met vriende te kuier – byvoorbeeld mannedag en Girl's night.

 5.      Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer?

O nee, hemel. Minder tyd aan alles! Ek het ure en ure op blogs rondgesoek na idees en duisende foto’s en idees versamel – myself heeltemal oorweldig. Ek sou sê, besluit op iets, hou daarby en vergeet van die res. En kyk of jy nie die aand of twee aande voor die troue rustig saam met close vriende en familie kan braai nie. Take it slow. Dus: Bestee meer tyd saam met vriende en familie.

 6.      Waaraan sou jy minder tyd spandeer?

So min mense onthou die dekor en blomme. Wat belangrik is is die tyd wat jy met jou geliefdes bestee. So ek sou minder tyd aan idees en foto’s soek bestee.

 7.      As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……

Die toesprake; die dans-dans-dans en hoe baie ons, my ouers, sussies en vriende gelag het. My man wat oorstelp was van opwinding en elke oomblik geniet het – hy het soos ’n opgewonde seuntjie die hele saal vol gehardloop. Die gaste wat kliphard saam gesing het wanneer die DJ sekere liedjies speel. En wow – die pampoenpoffertjies! Ek het nagereg geskip en weer pampoenpoffertjies gaan opskep. Hmm-hmmm!

Verskaffers:

Rok: Ilse Roux

Skoene: Anella’s wedding shoes

Hare en grimering: Marnel Toerien

Fotograaf: Marli Koen

Videograaf: Marius van Rensburg van MVR Weddings

Venue: Groenrivier

Spyseniering: Malita Joubert

Troukoek: Corné van Choc ’n Cherry

DJ: Dirk van Baha entertainment

Tafeldoeke en lap servette: The tablecloth hiring company

Blomme: Maryke van Velden van Okasie florist

Blakers, kerse, blompotjies: To-netts

Engela & Deon Terblanche

Maretha Brink

Seremonie: Die ou Kelder | Onthaal: Hoof lokaal

 

Ons verlowing storie ?
Ons was Paternoster toe met ons 1 jaar van uitgaan, dit was vreeslik lekker , ons het besluit om dit sommer ‘n jaarlikse instelling te maak. Met jaar 2 het Deon Saterdag 31 Mei 2014 met sonsondergang my hand gevat om ‘n entjie te gaan stap op die strand. Dit was nogals koud en hy het die kans gehad om ‘n “message in a bottle” onder sy baadjie weg te steek. Toe ek weg kyk nadat ons ‘n entjie al gestap het het hy die bottel uitgehaal en gesê hy’t dit opgetel en ek moet lees wat daarin staan. Ekt die hele briefie hardop gelees en op die einde het dit gelees “en…” toe vra hy die groot vraag op sy knie. Ons het ‘n klein botteltjie sjampagne gedrink, vir mekaar ‘n briefie geskryf en die botteltjie met briefies daarin die volgende oggend in die see gaan gooi.

2.      Ons verskil as dit kom by…..

Besluite maak. Deon is baie impulsief en ek weer baie analities, maar ‘n “perfect match”.

3.      Ons is eenders as dit kom by…..

Ons waardes en beginsels.

4.      Die sukses in ons huwelik is……

Om God altyd eerste te stel en lief te wees vir mekaar nes ons is.

 5.      Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer?

Niks nie. Soos genoem is ek baie analities en probeer aan als dink,  in my opinie was als was perfek.

 6.      Waaraan sou jy minder tyd spandeer?

As ek baie geld gehad het sou ek als wat ons gemaak het laat maak het, en nie vir my Ma en skoonma so baie werk gegee het nie.

 7.      As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……

Die geseende gevoel om al my vriende en familie saam met my onder een dak te kon he al my drome het net daar waar geword.

Diens verskaffers

Venue: Groenrivier | Rok: Ilse Roux | Spyseniering: Malita Joubert Catering
Fotograwe: Marlize de Lange Fotografie en Tertius Gous
Videograaf: Boland Weddings | Dekor: Goeters
Fotohoekie: Kiki Photo Booth | Blomme: Party Décor Hire
Koek: Tolbos Kombuis | Platejoggie: DJ Dean
Hare: Nadia van Niekerk | Grimering: KV Make-up Karmen Verwey

 

Madi & Johan Nel

Maretha Brink

Pragtige aardse troue

 

Seremonie: Die ou Kelder | Onthaal: Hoof lokaal

 

Ons verlowing storie:

Ons het verloof geraak na 8 jaar saam. Hy het my Bloubergstrand toe gevat (die weer was nie wonderlik nie, so dit was weird). Ons het bietjie op die strand gestap en ewe skielik het 'Eye Of The Tiger' begin speel op speakers wat hy gereël het. Die liedjie is 'n inside joke tussen ons, so dit was baie spesiaal. Ek was baie deurmekaar oor wat aangaan, en eers toe sy nefie aangehardloop kom met die ring het ek besef wat gebeur. Dit was 'n great dag.

Ons verskil as dit kom by…..

Johan het die wêreldse geduld met enige iemand of iets. Ek nie.

Ons is eenders as dit kom by…..

Die waarde wat ons heg aan familie en vriende.

Die sukses in ons huwelik is……

Respek. En ons gun mekaar tyd op ons eie, dat elkeen sy eie ding doen. Dis belangrik.

Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer? 

Slaap!

Waaraan sou jy minder tyd spandeer?

Ek sou dalk meer werk vir ander mense uitgedeel het. Ek het basies alles self gedoen - reëlings, stationery, blomme, tafels... Ek het selfs die servette gestik!

As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……

Ons first dance was vir my baie spesiaal - dit het regtig gevoel asof dit net ons twee in die saal was. Ek dink ook aan toe my pa my die eerste keer sien voor die seremonie. In plaas van sê "jy lyk mooi" (soos mens sal verwag), het hy gevra "hoe lyk ek?" en toe was sy baadjie se knope heeltemal skeef vasgemaak. Toe kon ons nie ophou lag nie!

Troudag verskaffers:

Tafels: Goeters

Stoele en beligting: To'Netts

Blomme en tafeluitleg: Bruid

Stationery: Spirit Fox Studio

Trourok: Claudi Serfontein

Fotografie: KovacevicBosch

Hair & Make-up: Nandi Kai - Supernova Creative Management

Nadia & Braam Basson

Maretha Brink

Sagte pastel troue

 

Seremonie : Buitelug kapel: (Gazebo)  |  Onthaal : Hoof lokaal

 

Ons verlowing storie ?
Ons het verloof geraak in januarie 2014. Braam (my man) het vir ons kaartjies gekoop vir die kabelkarretjie tot op tafelberg. Ons het bo eers so entjie gestap en toe kom ons af op n piekniek plekkie wat spesiaal vir ons voorberei is, met vonkelwyn glasies en eetgoedjies. Min het ek geweet dat Braam met my broer en sy meisie gereel het om solank als vir ons voor te berei. Die groot oomblik het aangebreek waar Braam op sy knie gegaan het met die ja woord. Daarna het my broer en sy meisie die nuus saam met ons gevier terwyl ons die sonsondergang saam geniet het. By die huis het daar n klomp vriende vir ons gewag en die res van die aand saam ons verlowing gevier. 

Ons verskil as dit kom by…..

Sjoe...nou dat ek daaraan dink, ons dink baie dieselfde...ons sukkel wel om soms tot n besluit te kom oor dinge omrede ons albei wil ten alle tye die ander een in ag neem.

Ons is eenders as dit kom by….. 

Lekker kos maak, tyd saam met vriende en familie spandeer asook finansies.

Die sukses in ons huwelik is……

kommunikasie, ons maak altyd tyd om lekker te gesels en op datum te bly van wat in elkeen se lewens aan gaan.

Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer? 

Ek sou meer tyd spandeer om 'n rok te kies. Ek is iemand wat iets so vinnig moontlik wil afhandel en soms is dit nie altyd die beste nie. Ek het by een plek rokke gaan aanpas en daar het ek my trourok gekies, eks steeds mal oor my rok keuse maar sou baie graag meer wou aanpas (maar ek was te bang die ene word uitverkoop) :)

Waaraan sou jy minder tyd spandeer?

Die konfetti...ons het ons konfetti als met die hand uitgedruk, want ons wou spesifieke kleure  he...so ons het ons hande vol gehad met die gaatjiedrukkers, en dit als vir 'n paar sekondes (maar ek is bly ons het ons skakerings van blou/navy en cream konfetti gehad)

As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……

Die reen...sommige sien dit as slegte weer en sommige sien dit as 'n blessing, ons het elke oomblik van ons dag geniet met reen en al en ons glo die reen was 'n blessing van Bo.

Nadia & Braam het vir hulle gaste gevra om vir hulle wyse woorde neer te skryf asook om vir hulle n Bybel versie te onderstreep wat hulle saam kan neem op hul lewensreis vorentoe.
Nadia voel dat niks haar spesiale dag sou kon bederf nie!

Verskaffers:
Venue: Groenrivier
Fotograaf: Christene de coning
Tafels & beligting: Goeters
DJ: Compact sound
Catering: Malita Joubert
Dekor: Braam, Nadia, familie & vriende
Stationery: Braam ,Nadia & familie & vriende
Blomme: Braam ,Nadia & familie & vriende (verskaf deur Moondrops)
Servette: Function hiring for you