Search

Contact Us

Please complete the form on the right for a general inquiry

Groenrivier
Riebeek-Wes 7306
South Africa

082 553 4570

Groenrivier Function Centre is an enchanting and distinctly different venue for romantic country weddings, special family parties and celebrations, and memorable corporate events. Guests enjoy exclusive use of the whole property.  

At Groenrivier Function Centre we have 3 venues which are suitable for weddings or corporate functions:

Groenrivier Function Centre is fully licenced and there is ample secure parking.

Blog

Marlies & Ernst Marais

Maretha Brink

Vrolike blomme troue

Seremonie: Die Oude stal | Onthaal: Hoof lokaal

 

Ons verlowing storie ?

Op Saterdag 9 Augustus 2014 is ons na ’n troue van Ernst se skoolvriende. Die hele aand op die dansbaan het mense gevra wanneer gaan Ernst my nou eendag vra om te trou en dan vryf Ernst oor my ringvinger terwyl hy na my kyk en sê: “Dis gouer as wat jy dink.” 

Min het ek geweet dat hy my die volgende dag sou vra. 

Ons het die aand ná die troue by sy ouers in Stellenbosch oorgeslaap. 

Die volgende oggend (Sondag 10 Augustus) aan die ontbyttafel vra ek toe vir Ernst of ons nie oudergewoonte ’n entjie kan gaan stap langs die Eersterivier nie. En hy speel toe saam en sê dis ’n briljante plan. Hy het ’n warm baadjie aangehad en ek het aan hom gekarring om dit uit te trek omdat dit buite so warm was, toe sê hy net, nee, dis Sondag en hy wil netjies lyk.  Ek laat hom toe maar begaan, min wetende dat hy ’n ring in sy baadjiesak saamdra …

By Lanzerac het ons in die tuine rondgeloop en van daar is ons na ons gunstelingplekkie langs die Eersterivier. Ons het oor die rivier sit en uitkyk toe Ernst na die kant toe draai en sê dat hy iets vir my het. “Oe, sjokolade”, het ek opgewonde gedink. Want hy het dikwels hier vir my ’n ietsie soets gegee as ek gestres was oor opstelle of toetse. En toe hy na my toe draai, hou hy ’n outydse donkergroen fluweel-juweelboksie in sy hand vas. 

Ek kon dit nie glo nie! En boonop weier ek toe om dit oop te maak, want ons het ingestem dat hy nie vir my ’n ring sal koop nie, maar dat ons eendag saam een sal laat maak. Hy dring toe aan dat ek dit oopmaak. En binne-in was die mooiste trilogy-ring wat aan sy Oumagrootjie en Ouma behoort het. 

En daar langs die Eersterivier het Ernst my gevra om te trou. Beslis ’n dag wat ek nooit ooit sal vergeet nie.

2.      Ons verskil as dit kom by…..

Ernst is die ekstrovert en ek is die introvert. Ek doen moeite om saam met hom na partytjies met baie mense te gaan en hy stem weer in om saam met my in kleiner groepies te kuier. 

Hy is gek oor malvapoeding terwyl ek net een eetlepel daarvan kan eet – net te soet!

3.      Ons is eenders as dit kom by…..

Ons liefde vir die natuur; ons sin vir regverdigheid en die wyse waarop ons kan skaterlag. Oe en beslis ons liefde vir wine en dine en kos maak.

4.      Die sukses in ons huwelik is……

Ons sê reguit en eerlik wanneer iets ons pla en ons glo aan oop kommunikasie. Ons respekteer mekaar se spasie en gun mekaar alleentyd; ruimte om ons onderskeie drome uit te leef, asook om alleen met vriende te kuier – byvoorbeeld mannedag en Girl's night.

 5.      Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer?

O nee, hemel. Minder tyd aan alles! Ek het ure en ure op blogs rondgesoek na idees en duisende foto’s en idees versamel – myself heeltemal oorweldig. Ek sou sê, besluit op iets, hou daarby en vergeet van die res. En kyk of jy nie die aand of twee aande voor die troue rustig saam met close vriende en familie kan braai nie. Take it slow. Dus: Bestee meer tyd saam met vriende en familie.

 6.      Waaraan sou jy minder tyd spandeer?

So min mense onthou die dekor en blomme. Wat belangrik is is die tyd wat jy met jou geliefdes bestee. So ek sou minder tyd aan idees en foto’s soek bestee.

 7.      As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……

Die toesprake; die dans-dans-dans en hoe baie ons, my ouers, sussies en vriende gelag het. My man wat oorstelp was van opwinding en elke oomblik geniet het – hy het soos ’n opgewonde seuntjie die hele saal vol gehardloop. Die gaste wat kliphard saam gesing het wanneer die DJ sekere liedjies speel. En wow – die pampoenpoffertjies! Ek het nagereg geskip en weer pampoenpoffertjies gaan opskep. Hmm-hmmm!

Verskaffers:

Rok: Ilse Roux

Skoene: Anella’s wedding shoes

Hare en grimering: Marnel Toerien

Fotograaf: Marli Koen

Videograaf: Marius van Rensburg van MVR Weddings

Venue: Groenrivier

Spyseniering: Malita Joubert

Troukoek: Corné van Choc ’n Cherry

DJ: Dirk van Baha entertainment

Tafeldoeke en lap servette: The tablecloth hiring company

Blomme: Maryke van Velden van Okasie florist

Blakers, kerse, blompotjies: To-netts